Fr. 35.10

Die Legkaart - Deel 1 - My Pa se Genesing van Kanker

Afrikaans · Taschenbuch

Versand in der Regel in 2 bis 3 Wochen (Titel wird auf Bestellung gedruckt)

Beschreibung

Mehr lesen










Die Legkaart is 'n verhaal van die skrywer se persoonlike belewenis van hoop, geestelike stryd en brandende liefde as dogter, ousus en intersessor. Dit vertel van die geweldige aanslae op haar pa se lewe, terwyl pa en dogter deur duisende kilometers van mekaar geskei is. Deel 1 is die eerste boek in 'n trilogie en speel af in 2019. Die aanslae op haar pa se lewe begin op 12 April. Hierna word die gesin op 'n tuimeltrein van lewensuitdagings geneem wat hul geestelike oorlogvoeringsvermoëns tot die uiterste beproef. Die verhaal deel die gesin se lief en leed en hoe hulle, ten spyte van die uitdagings van immigrasie hierdie berg uitklim. Die leser word ingetrek deur kosbare kleintyd-verhale, die toutrek-verhouding tussen pa en dogter, die onbreekbare band tussen susters en die immer teenwoordige Stem uit die Ewigheid. Immigrante, pa's, dogters en mense wat deur die trauma van kanker of immigrasie worstel, sal by die verhaal aanklank vind. Deel 1 handel oor hul geestelike oorlog; Deel 2 fokus op hul fisiese oorlog en Deel 3 op die emosionele oorlog van trauma. Hierdie introspektiewe ontdekkingsreis bied vertroosting aan die mede-pelgrim wat die steil kronkelpad steeds bewandel.

Über den Autor / die Autorin










Lijlanie is 'n Suid-Afrikaanse expat en woon in Nieu-Seeland. In 2019 is haar pa met fase 4 prostaatkanker gediagnoseer. Die gesin was dit eens: hulle moes 'n geestelike oorlog wen; nie net 'n fisiese een nie. Die intensiteit van hul reis laat haar en haar suster verklaar: "Hierdie gaan ons getuienis word!" Gevolglik stel Lijlanie in 2020 'n Bybelstudie oor geestelike oorlogvoering saam. Sy onderneem om 'n boek oor hul reis te skryf. 2021 bring egter sy eie uitdagings. Vir Lijlanie en haar ouers: die grootste aanslag nog op hul lewens. Uit haar diepste seer word Die Legkaart gebore. Lijlanie is ook koördineerder en stigterslid van SA Kiwi Chicks, 'n christelike organisasie sonder winsbejag wat Suid-Afrikaanse expat-vroue in Nieu-Seeland ondersteun. Sy is self 'n limfoomkanker-oorwinnaar en getuig graag oor haar persoonlike reis met kanker, immigrasie en geestelike oorlogvoering - 'n reis waar die Heilige Gees familie oor kontinente nader aan mekaar gebring het. 'n Reis waar geloof, hoop en liefde oorwin en die krag van Die Woord al hoe sterker geword het.

Produktdetails

Autoren Lijlanie, Lijlanie Stander
Verlag Lijlanie Stander
 
Sprache Afrikaans
Produktform Taschenbuch
Erschienen 24.03.2023
 
EAN 9781991187208
ISBN 978-1-991187-20-8
Seiten 148
Abmessung 148 mm x 210 mm x 9 mm
Gewicht 202 g
Thema Sozialwissenschaften, Recht,Wirtschaft > Soziologie > Allgemeines, Lexika

Kundenrezensionen

Zu diesem Artikel wurden noch keine Rezensionen verfasst. Schreibe die erste Bewertung und sei anderen Benutzern bei der Kaufentscheidung behilflich.

Schreibe eine Rezension

Top oder Flop? Schreibe deine eigene Rezension.

Für Mitteilungen an CeDe.ch kannst du das Kontaktformular benutzen.

Die mit * markierten Eingabefelder müssen zwingend ausgefüllt werden.

Mit dem Absenden dieses Formulars erklärst du dich mit unseren Datenschutzbestimmungen einverstanden.