Fr. 25.50

Kruidjie Roer My

Afrikaans, English · Paperback / Softback

Shipping usually takes at least 4 weeks (title will be specially ordered)

Description

Read more










Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: "Hier kom Juffrou nou eers aan!" Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie roer my verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem. In Kruidjie roer my hoor 'n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met 'n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter. 'n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met 'n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.

About the author










Antoinette Pienaar is in Carnarvon as een van vyf dogters gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch 'n graad in drama behaal. Daarna het sy 'n loopbaan as sangeres gevolg met landwye optredes waarin sy dikwels historiese heldinne, soos Krotoa van die Kaap, besing het. Die afgelope sewentien jaar is sy vakleerling van oom Johannes Willemse diep in die berge van die Karoo.

Product details

Authors Antoinette Pienaar
Publisher Penguin Random House South Africa
 
Languages Afrikaans, English
Product format Paperback / Softback
Released 26.04.2018
 
EAN 9781415209271
ISBN 978-1-4152-0927-1
Dimensions 132 mm x 211 mm x 10 mm
Weight 177 g
Subjects Guides
Natural sciences, medicine, IT, technology > Medicine > Holistic medicine

Customer reviews

No reviews have been written for this item yet. Write the first review and be helpful to other users when they decide on a purchase.

Write a review

Thumbs up or thumbs down? Write your own review.

For messages to CeDe.ch please use the contact form.

The input fields marked * are obligatory

By submitting this form you agree to our data privacy statement.